VK & Frankryk moet kanaal-uitdagings oplos

Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Vlugtelinge sê hy is geskok en hartseer oor die skokkende tragedie wat Woensdag in die Engelse Kanaal naby Calais plaasgevind het. Sewe-en-twintig mense wat na Engeland op pad was, het verdrink toe hul boot gesink het. Die agentskap sê daar is nie veiliger alternatiewe nie en mense sal voortgaan om sulke gevaarlike reise te onderneem. Gewetenlose smokkelaars sal ook aanhou om hul desperaatheid en kwesbaarheid uit te buit. Hy het bygevoeg ‘n gekoördineerde en omvattende reaksie aan beide kante van die Kanaal en verder, is nodig.