VK, Finland staak ook befondsing van VN-agentskap in Gaza

Die Verenigde Koninkryk en Finland het die jongste lande geword wat tydelik befondsing aan die Verenigde Nasies se Hulp- en Werke-agentskap in Gaza opgeskort het. Dit volg na bewerings dat 12 personeellede van die agentskap betrokke was by die aanval op 7 Oktober deur Hamas op Israel. Amerika, Australië, Italië en Kanada het reeds bykomende befondsing aan die VN-agentskap opgeskort. Die Britse minister van Buitelandse Sake sê hulle is egter steeds daartoe verbind om humanitêre hulp te help lewer aan die mense in Gaza.