Visserye se bedrae aan BBP kan verbeter
Die Nasionale Beplanningskommissie sê die visserysektor se bydrae van 10 miljard Namibiese dollar tot die BBP kan verbeter op grond van huidige markaktiwiteit. Die Derde Vrywillige Hersieningsverslag oor die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte het verklaar dat die sektor 4,5 persent tot die BBP bygedra het, wat steeds nie die verlangde vlakke bereik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Josef Sheehama, ‘n plaaslike ekonoom, gesels oor wat gedoen kan word om die sektor se bydrae te verbeter.