Visserman gered, twee kollegas steeds op skip gestrand

Die lewensredding-vrywilliger Sean Naude sê die vermiste visserman wat naby Kaap Kruis vermis is, is net voor middernag veilig gevind. ‘n Vliegtuig is Dinsdag ingespan om die soektog by te staan. Die man is ‘n bemanningslid van ‘n vaartuig wat lamgelê is en wat in die see geanker is en wag om gesleep te word. Hy het Sondag in sy frustrasie die skip verlaat in ‘n rubberboot met net roeispane. Naude sê die sleepboot wat Dinsdagmiddag moes aankom en die skip by te staan het nooit opgedaag nie. Daar is nog twee bemanningslede aan boord sonder kos en water. Hulle sal bygestaan word tot hulp aankom.