Visse spoel uit op Swakop se Noordstrand

Mense is besig om links en regs vis op te tel op Swakopmund se Noordstrand, waar ‘n massa vis uitgespoel het. Kosmos 94.1 Nuus het na die ministerie van Visserye uitgereik om navraag te doen oor die oorsaak en of inwoners bekommerd moet wees. Die ministerie sê hulle sal terugkom met verdere inligting. Sean Naude van Namibië Marshal Rangers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dis meesal haaie en klipvisse wat op die strand lê.