Visrivier-staproete het water én bier

Ná berigte op sosiale media in Mei dat die Visrivier-staproete beperkte waterpunte het, het Namibia Wildlife Resorts vandag bevestig die gewilde staproete is veilig om te stap met genoeg waterpunte vir stappers. Ashipala het stappers aangemoedig om bio-afbreekbare seep te gebruik om die waterbronne skoon te hou. Daar is waterpunte wat spesifiek vir stappers ingerig is. Nelson Ashipala, woordvoerder van NWR, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en ook die goeie nuus gedeel dat behalwe water, daar ook bier in die Visrivier-canyon sal wees!