Virgin Boeing vlieg met hernubare brandstsof van Londen na New York

‘n Virgin Atlantic 787-Boeing passasiersstraler aangedryf deur 100 persent volhoubare lugvaartbrandstof het in New York geland na hy vanaf Londen vertrek het. Die vlug demonstreer dat navorsing in verband met die bedryf se koolstofvoetspoor aan die gang is. Maar, Virgin is onder druk omdat ‘n handvol passasiers in die reuse straler saamgevlieg het. Shai Weiss, Virgin se uitvoerende hoof sê die vlug demonstreer wat moontlik is.