Vier vervalle toilette vir 809 Limpopo-leerders

Nes Namibië, sukkel die buurland met voldoende sanitasie, ook by skole. Die DA in Limpopo het alarm gemaak oor die betreurenswaardige toestand van die ablusiegeriewe by die Hoërskool Rivubye in Valdezia. Die party het tydens ‘n toesigbesoek gevind die toilette is in ‘n vervalle, vuil en onveilige toestand. Sommige het nie deure nie en die vloere bly nat. Die skool, met 809 ingeskrewe leerders, het net vier vervalle toilet-geboue. Die DA-lid, Katlego Suzan Phala, sê leerders word gedwing om mekaar te beskerm tydens toiletbesoeke. Phala het onderneem om die situasie noukeurig dop te hou om ‘n verbetering te verseker: