Vier verantwoordelik fees, matrieks!

Die Stad Kaapstad sê wetstoepassingsdienste reg oor die stad sal op hoë gereedheid wees om seker te maak matrieks vier veilig en verantwoordelik fees ná die matriekeksamen. Hierdie feesvieringe het in baie dele van die stad, veral by ontspanningsgeriewe, tradisie geword. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die publiek word herinner dat die besit en gebruik van alkohol in openbare ruimtes en op strande volgens die stad se verordeninge verbode is.