Vier vas vir stroop van stoetbul

Die Namibiese polisie sê vier verdagtes is by plaas Niedelsfelde, naby Kalkfeld gearresteer na hulle ‘n stoetbul doodgeskiet het. Die vier, tussen die ouderdomme van 26 en 37 het die dier, met ‘n beraamde waarde van 80 000 Namibiese dollar met ‘n .308 geskiet. Die wapen se reeksnommer was verwyder. Die karkas is teruggevind en die vier sal vandag in die hof verskyn.