Vier stukke landbou-wetgewing word op Rundu hersien

Die Namibiese landbouministerie hou ‘n werkswinkel op Rundu in ‘n poging om vier stukke wetgewing, wat handel oor die bestuur van veevoer, plantkwarantyn, kunsmis en plaagdoders, te hersien. Rolspelers in die bedrywe, sowel as verteenwoordigers van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie is teenwoordig. Die VN se verteenwoordiger, Ferdinand Mwapopi, sê Namibië, as ‘n netto uitvoerder van veral beesvleis na oorsese markte, nie kan bekostig om agter te bly wat voedselveiligheidstandaarde betref nie. Hy sê skadelike plae voedselsekerheid kan bedreig en biodiversiteit negatief kan beïnvloed. Dus, meen hy, is dit van kardinale belang dat die huidige wetgewing wat plantkwarantyn, landboumiddels, kunsmis en veevoer in ‘n land soos Namibië reguleer met internasionale standaarde moet voldoen.