Vier sterre wat om mekaar wentel ontdek

Die Suid-Afrikaanse Groot Teleskoop in Kaapstad en die Universiteit Canterbury se Mount John Observatorium in Nieu-Seeland, het ‘n stelsel van vier sterre ontdek wat om mekaar wentel. Volgens ‘n verklaring wat die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium uitgereik het, is die sterre aanvanklik in 2017 as deel van die Gaia-Europese Ruimte-agentskap se Suidelike Observatoriese Opname geïdentifiseer. Die verklaring sê die ontdekking bewys verder die meeste sterre in die sterrestelsel het een of meer ster-metgeselle.