Vier sterf in anti-rebelle protes

Minstens vier mense is dood in onrus in die Demokratiese Republiek van die Kongo se Noord-Kivu-provinsie nadat mense teen ‘n toename in dodelike aanvalle deur vermeende Islamitiese rebelle betoog het. Die Geallieerde Demokratiese Magte, ADF, ‘n rebellegroep verbonde aan die Islamitiese Staat, het glo meer as 40 mense in ‘n aanval op Mayikengo-dorpie vandeesweek vermoor en meer as 80 in aanvalle op ander dorpe geloods die vorige week. Die ADF het sy oorsprong in die Uganda, maar is nou gebaseer in mineraalryke Oos-Kongo, waar vele militante groepe meeding om invloed en hulpbronne.