Vier, skieter ook, dood by Las Vegas voorval

‘n Massaskietery het op die hoofkampus van die Universiteit van Nevada, Las Vegas, voorgekom. ‘n Ongeïdentifiseerde man het losgebrand en drie mense geskiet en een beseer voor hy deur die polisie doodgeskiet is. Geen inligting is oor die skieter bekend gemaak nie en die motief vir die aanval is ook onbekend. Die jongste syfers toon dat daar tot 31 Oktober vanjaar 530 massa skietvoorvalle in die VSA was met 621 sterftes.