Vier rolprente, een vir elke Beatle

Die Oscar-bekroonde regisseur, Sam Mendes, beplan om vier afsonderlike rolprente uit elke lid van die Beatles se oogpunt te maak. Paul McCartney, Ringo Starr en die families van wyle John Lennon en George Harrison het toestemming gegee vir die volle lewensverhaal en die musiekregte vir die rolprente. Mendes sê hy is geëerd om die storie van die beste rock-groep ooit te vertel. Sony Pictures Entertainment sal die finansies verskaf en al vier films sal teen 2027 versprei word.