Vier renosters, dalk 7, afgemaai

Die omgewingsake-ministerie is besig met ondersoeke om te bevestig dat sewe renosters, insluitend twee swartrenosters, sedert Dinsdag op drie verskillende plekke gestroop is. Volgens ‘n plasing op sosiale media is die twee swartrenosters Dinsdagnag gestroop, toe ‘n witrenoster Woensdagnag en laastens vier witrenosters Vrydagnag. Die vier witrenosters is naby die Osire nedersetting buite Otjiwarongo gevind. Net die stroop van die vier renosters is sover bevestig. Die diere se horings is almal verwyder. Een verdagte is sover in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.