Vier olifante teruggedryf na Krugerwildtuin

Mpumalanga se Toerisme- en Parke-agentskap het bevestig vier olifante wat in Matsulu opgemerk is, is teruggedryf na die Krugerwildtuin. Die agentskap het onmiddellik na die klagte opgetree deur ʼn span te stuur wat optree wanneer diere skade aanrig, en die situasie is ontlont. Woordvoerder Simphiwe Shungube raai die gemeenskap aan om steeds sulke voorvalle by owerhede aan te meld om konflik tussen mens en dier te vermy.