Vier leerders in Soweto dood na spazawinkel-kos

Die polisie ondersoek die dood van vier leerders wat die afgelope naweek in Soweto vermoedelik aan voedselvergiftiging dood is. Drie leerders tussen sewe en nege jaar oud van Karabo Primary School is dood nadat hulle kos geëet het wat vermoedelik gif in gehad het. ʼn Vyfde leerder wat in graad een is, is in die waakeenheid. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê in ʼn ander voorval is ʼn agtjarige seun van Khauhelo Primary School ook dood nadat hy volgens berigte eetgoed by ʼn spazawinkel in Naledi gekoop het: