Vier in arres na geweld by laerskool

Vier mense is in hegtenis geneem na dade van intimidasie en geweld by die Laerskool Matshidiso in Katlehong, Ekurhuleni. ‘n Polisiewoordvoerder, Noxolo Kweza, sê die verdagtes, insluitend ‘n pastoor en sy sekerheidswagte, het twee minderjarige kinders na bewering met geweld uit die skool verwyder. Sy sê hulle sal binnekort in die Palm Ridge Landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding, die roekelose hantering van ‘n vuurwapen en intimidasie.