Vier dood in hartverskeurende voorval op Karibib
Die polisie op Karibib het ‘n tragiese voorval aangemeld waar ‘n vrou, wat Saterdag gekla het oor haar kêrel en hy verwyder is van haar huis, Sondagoggend teruggekeer het, ingebreek het en die sinkhuis aan die brand gesteek het. Die vrou het net voor dit haar suster gebel om hulp te vra en teen die tyd wat sy daar aangekom het, het sy die huis aan die brand gevind met die twee klein dogtertjies, drie en sewe, wat op die bed brand en die man, die 25-jarige Mandela Mbaunguraije wat die 23-jarige Josephine Nauses in die hoek vasdruk. Almal het dood gebrand. Die polisie sê Mbaunguraije het die huis aan die brand gesteek. Hy was die pa van die drie-jarige dogtertjie.