Vier dood in Amerikaanse skoolskietery
Vier mense is dood in ‘n skietery by ‘n Hoërskool Apalachee in Winder, Georgia, net weke nadat klasse begin het. Die skietery was die eerste van die nuwe skooljaar in Amerika wat pas begin het. Nege mense is na hospitale geneem met beserings. Een verdagte, 14, het homself oorhandig en is in aanhouding, het die kantoor van die Barrow-distrik se sheriff in ‘n verklaring gesê. Barrow sheriff Judd Smith het net na die voorval met die media gepraat.