Vier Covid-sterftes in Oshikuku aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in die Oshikuku-distrik aangemeld, asook 48 nuwe gevalle uit 1 690 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 2,8 persent verteenwoordig. In die groep is vyf leerders, twee gesondheidswerkers en een student. Daar is nou 3 470 aktiewe gevalle, waarvan 56 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 365 083 persone is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.