Vier buitelandse toeriste in hoofstad beroof

Vier buitelandse toeriste is vandag in die hoofstad agter Windhoek Hoërskool deur vier swaar gewapende rowers aangeval en beroof. Die toeriste is van hul persoonlike besittings, paspoorte en ander dokumentasie beroof, waarna die rowers in ‘n silwer Toyota Corola met ‘n Usakos-registrasienommer weggejaag het. Die saak is by die Namibiese polisie se toerisme-eenheid aanhangig gemaak en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.