Vier Bokke pronk op Wêreldrugby-benoemingslys

Rugby: Vier Springbokke is benoem vir Wêreldrugby se jaarlikse toekennings. Suid-Afrika se mees ervare toetsspeler, Eben Etzebeth, Cheslin Kolbe en Pieter-Steph du Toit sal teen Caelan Doris van Ierland te staan kom vir die Mans Vyftiens Speler van die Jaar wanneer die wenners Sondagaand in Monaco aangekondig word. Sacha Feinberg-Mngomezulu kan as die Mans Vyftiens Deurbraakspeler van die Jaar aangewys word. Die ander benoemdes in hierdie kategorie is Jamie Osborn van Ierland, Wallace Sititi van Nieu-Seeland en Immanuel Feyi-Wabaso van Engeland.