Video waar reservis sy swanger meisie aanrand lok reaksie uit

Daar word ‘n beroep op die Namibiese polisie gedoen om ‘n reservis aan te kla en af te dank. Dit kom na ‘n video sy verskyning gemaak het waar die man sy meisie, wat blykbaar drie maande swanger is, aanrand. Die man se naam is volgens berigte reeds bekend en hy is as Valentino Endjala geïdentifiseer. Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, woordvoerder by die mag sê Endjala is in Windhoek gestasioneer en die polisie se gedrag-direktoraat is reeds besig met ‘n ondersoek.