Victoria en Albert Museum hou Diva-uitstalling

Die Victoria en Albert Museum in Londen se somer-uitstalling Diva is geïnspireer deur die wêreld se beste of mees ikoniese kunstenaars. Meer as 60 kostuums en 250 ander items van rolprent- en verhoogsterre word uitgestal. Dit sluit onder meer Marilyn Monroe se rok uit die 1959 rolprent “Some like it hot” in; en Maria Callas se kostuum uit haar laaste optrede in die Franco Zeffirelli -produksie van Tosca in 1964 in die Royal Opera in Londen. Uitrustings van Tina Turner, Cher en Pink is ook ingesluit. Die uitstalling sal tot 7 April aanstaande jaar duur.