VF+ wil weet oor Mangaung se wanbesteding van R8,1m

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê hy het die kantoor van die Openbare Beskermer gevra vir ‘n ondersoek na die Mangaung-metro se wanaanwending van 8,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir inligtingstegnologie-dienste bestem was. Die ouditeur-generaal het in die munisipaliteit se ouditverslag vir die 2022/2023 boekjaar kommer uitgespreek oor die betaling. Armand Cloete van die VF Plus sê hulle hoop ‘n ondersoek kan aandui waarom belastingbetalers se geld vermors is op kontrakte met diensverskaffers wat nie die dienste lewer nie: