VF+ sê speaker moet bedank na Valke-klopjag

Die Vryheidsfront Plus sê die speaker van die buurland se Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet in die beste belang van die Parlement optree en bedank. Dit volg nadat die Valke ʼn klopjag op haar huis in Johannesburg uitgevoer het ná bewerings van korrupsie. Sy word beskuldig dat sy meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand van ʼn verdedigingskontrakteur ontvang het, maar sy ontken dit ten sterkste. Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, sê indien Mapisa-Nqakula in haar amp aanbly, tas dit die parlement se integriteit aan: