VF+ sê SA kan voordeel uit Trump-oorwinning trek
Die Vryheidsfront Plus sê die verkose Amerikaanse president Donald Trump se oorwinning is ook ‘n oorwinning vir ware demokrasie. Trump het ‘n oortuigende oorwinning behaal oor visepresident Kamala Harris deur vyf van die sewe strydstate in te palm. Corné Mulder van die party sê dit is duidelik dat gesonde waardes, sekerheid en ‘n sterk ekonomie steeds die hoofaanvuurders is wat gewone kiesers na die stembus lok: