VF+ sê misdadigers voel niks vir owerhede nie

Die Vryheidsfront Plus het die jongste skietvoorvalle by tavernes in Gauteng en KwaZulu-Natal veroordeel. Vyftien klante is die naweek by die Nomzamo-taverne in Orlando, Soweto, doodgeskiet en vier mense by ‘n taverne in Sweetwaters in Pietermaritzburg. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê die onlangse skietvoorvalle by tavernes wys dat misdadigers geen vrees vir die polisie of die regstelsel het nie. Hy sê die minister van polisie, Bheki Cele, moet nou vervang word: