VF+ sê Amerikaanse intelligensie is gesofistikeerd
Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê die beskuldigings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verkoop het, is baie ernstig. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê hy is oortuig ‘n Russiese skip wat verlede Desember in Simonstad in Kaapstad vasgemeer het, het met ammunisie en wapens vertrek. Groenewald sê Amerika se intelligensiediens is hoogs gesofistikeerd en ‘n ambassadeur sal nie sulke bewerings maak sonder behoorlike bewyse nie: