VF Plus maan teen spanning tussen Brics-blok en Weste
Die Vryheidsfront Plus sê hy is diep bekommerd oor die regering se Brics-lidmaatskap en stille diplomasie oor wêreld-kwessies, soos die Russies-Oekraïnse konflik en magsmisbruik in buurstate. Die party voer aan dit doen afbreuk aan nasionale belange en plaas Suid-Afrika midde-in ‘n vyandige magsgroepering wat China teen die Weste lei. Jaco Mulder van die VF Plus sê China se Brics-uitbreiding is daarop gemik om sy geo-politieke invloed teen die Weste te versterk, te midde van gespanne verhoudinge tussen die Verenigde State en China.