VF Plus help Tshwane om cholera te voorkom

Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê hy is reeds besig om saam met die metro se gesondheidsafdeling voorkomende maatreëls in te stel om ‘n moontlike cholera-uitbreking te bestuur. Twee cholera-gevalle is in Limpopo aangemeld, maar nog niks sover in Tshwane nie. Rina Marx van die VF-Plus sê ‘n dringende beroep word op inwoners gedoen om fyn op te let vir cholera-simptome.