VF+ ondersoek regstappe oor e-tolfooie

Die Vryheidsfront Plus sê hy sal vasstel of regstappe gedoen kan word om uitstaande e-tolrekeninge suksesvol af te skryf en geld wat reeds betaal is, terug te eis. Dit volg nadat die vervoerminister, Sindisiwe Chikunga bevestig het daar gaan steeds van Gautengse motoriste verwag word om hul e-tolrekeninge te vereffen terwyl die regering gereed maak om die tolhekke af te skakel. Anton Alberts van die party sê die hulle was van die begin af gekant teen die stelsel: