VF+ maak kapsie oor wysigings aan befondsingswet

Die Vryheidsfront Plus sê hy maak ten sterkste beswaar teen die voorgestelde wysigings aan klousules van die Wet op Befondsing van Politieke Partye. Die wysigings gee die sittende president groter mag om formules en regulasies vas te stel vir die befondsing van politieke partye. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê president Ramaphosa het reeds talle kere bewys hy bevoordeel die ANC: