VF+ is boos oor R89m vir advertensie veldtog vir NVG

Die Vryheidsfront Plus sê dis duidelik dat advertensieveldtogte vir die Nasionale Gesondheidsversekering meestal geldmors en ongeregverdig was. Die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het onthul 89 miljoen Suid-Afrikaanse rand is aan versekering se advertensieveldtogte bestee en dat die uitgawe nie waarde vir geld gebied het nie. Philip van Staden van die party sê dit wys hoe desperaat die regering is om sy onpraktiese planne aan die publiek te verkoop en boonop hulle belastinggeld daarvoor te gebruik: