Veterinêre Raad se nuwe raadslede aangewys

Die adjunk-landbouminister, Anna Shiweda, het die Veterinêre Raad se nuwe raadslede bekend gestel. Die Namibiese Veterinêre Raad is ‘n statutêre liggaam wat verantwoordelik is vir die regulering van veeartsenykundige- en veeartsenykundige para-professies standaarde in Namibië. Dit is om te verseker dat die gehalte van veeartsenykundige sorgvan ‘n aanvaarbare standaard is. Beide veeartse en para-professionele persone moet ook bevoeg wees om hul professionele funksies te verrig. Die lede sal tydens hul eerste vergadering hul voorsitter kies.