Verwyder EFF-lid van komitee, vra ActionSA

ActionSA in Gauteng het Ekurhuleni se burgemeester, Sivuyile Ngodwana, versoek om dringend groot veranderings aan sy burgemeesterskomitee aan te bring ten einde die stad van algehele ineenstorting te red. Siyanda Makhubo van ActionSA sê die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Nkululeko Dunga van die EFF, het nuwe sekerheidstenders ter waarde van miljarde rand bevorder ondanks ‘n raadsbesluit om eerder in te kontrakteer.