Verwyder alle koloniale monumente

‘n Verslag, Restitution, Reconciliation and Reparations for Namibia deur die Amerikaanse John Hopkins-universiteit toon dat die land geen toegang tot reparasies het in internasionale regsinstrumente nie, al is die gebeure tussen 1904 en 1908 in werklikheid volksmoord. Die uitgebreide verslag stel voor dat Namibiese owerhede ‘n versoeningskommissie op die been bring maar, voeg by dat volksmoord gedenktekens regoor die land opgerig word, dat die Swakopmund volksmoord-museum ondersteun word en dat al die koloniale monumente verwyder moet word. Volgens die universiteit is daar geen rede vir ‘n standbeeld van ‘n Duitse soldaat wat Namibiërs vermoor het in die land nie.