Verwagting dat goudprys skerp sal daal

Die goudprys het Vrydag effe geklim na net onder 2 030 Amerikaanse dollar ‘n fynons maar, kenners meen die edelmetaal staan gereed om sy grootste verliese in ses weke aan te teken. Die rede daarvoor is die Amerikaanse Federale Reserwebank se aankondigings dat rentekoerse nie vinnig sal daal nie. Dit maak die Amerikaanse dollar sterker vir beleggers en dryf hulle weg van goud af omdat dit te duur word. Die Federale Reserwebank sê rentekoerse sal eers, op die vroegste, in die derde kwartaal van die jaar afgebring word.