Vervolgingsgesag het tekort aan vaardighede
Die Nasionale Vervolgingsgesag se hoof, Shamila Batohi, sê die gebrek aan gespesialiseerde vaardighede is ʼn groot struikelblok wat vervolgings belemmer, veral in ingewikkelde staatskapingsake. Die Spesiale Ondersoekeenheid het sedert 2018, 3 320 strafregtelike sake na die NVG verwys, wat 1 162 bedrog-oortredings insluit. Daar is 37 sake uit die staatskapingsondersoek in die hof. Batohi het aan die Parlement gesê alhoewel die Ondersoekeenheid se identifisering van prima facie-bewyse van korrupsie, en verwysing na die NVG noodsaaklik is, is dit nie genoeg om dié wat betrek word te vervolg nie.