Vervolg SA burgers oor Palestyne-volksmoord: EFF

Die EFF sê hy is geskok dat Suid-Afrikaanse burgers sonder enige gevolge deelneem aan die volksmoord op Palestyne. Die 22-jarige Suid-Afrikaner Aaron Bayhack word in ‘n dokumentêr op Al Jazeera, The Ghost Unit, uitgeken as ‘n skerpskutter in die Israelse Besettingsmag. Lede van die eenheid het erken hulle het burgerlikes in Gaza doodgemaak. Die EFF sê hy het die Nasionale Vervolgingsgesag en die Departement van Verdediging genader om die saak te ondersoek omdat enigiemand wat by die Besettingsmag aansluit, die wet oortree en vervolg moet word.