Vervoer-inflasie heelwat laer as in 2023

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het die jaarlikse inflasiekoers in die Vervoerkategorie, wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, in Januarie vanjaar op 6,1 persent gestaan vergeleke met 11,1 persent in Januarie 2023. Die stadige toename in die jaarlikse inflasiekoers is weerspieël in die subkomponente Bedryf van persoonlike vervoertoerusting, wat van 15,9 persent tot 6,7 gedaal het, en Openbare vervoerdienste, wat gesak het vanaf 0,9 persent tot 0,5 persent. Op ‘n maandelikse basis het die Vervoerkategorie ‘n deflasiekoers van 1,3 persent in Januarie vanjaar aangeteken, vergeleke met ‘n deflasie van 2 persent in Desember.