Vervoer in Griekeland lamgelê deur staking

‘n Algemene staking het hawe-, spoorweg- en busbedrywighede oral in Griekeland tot stilstand gebring terwyl duisende mense in die hoofstad, Athene, betoog het vir beter salarisse en lewenstandaarde. Werkers van die grootste private en staatsvakbonde het aan die betoging deelgeneem, wat gedeeltelik toegeskryf word aan Griekeland se skuldkrisis en hoë lewenskoste. Die grootste privaat sektorvakbond, wat sowat 2,5-miljoen werkers verteenwoordig, beskuldig oligopolies dat hulle die koste van basiese goedere opjaag. Die staking het saamgeval met die indiening by die parlement van die regering se finale begroting vir 2025.