Vervang minister Lindiwe Zulu: DA oor Sassa-debakel

Die DA versoek die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie om daadwerklik op te tree op sy klagte van vier maande gelede ten opsigte van voortslepende kwessies met Sassa se uitbetaling van maatskaplike toelaes. Die party beweer ten spyte van versekerings dat ʼn ondersoek op hande is, het hulle nog geen terugvoer van die kommissie ontvang nie. Sassa loop weer onder kritiek deur omdat maatskaplike toelaes hierdie maand nie uitbetaal is nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Dan Plato, eis die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, moet weens onbevoegdheid en pligsversuim vervang word.