Vervalle spoor en hawe sektore bedreig SA se uitvoerbedryf

Die DA sê die verdiepende Transnet-spoor- en hawekrisis dreig om Suid-Afrika se hele uitvoersektor, en dus ook die land se ekonomie, in duie te laat stort. Transnet raam, agterstande en vertragings met die verskuiwing van skeepsvraghouers deur sy sleutelhawe in Durban, het hom sedert September, tot dusver minstens 160 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan inkomste laat verloor. Mimmy Gondwe van die DA sê hulle eis ‘n duidelike multi-agentskap-ingryping om die knelpunte by hawens te ontleed en bestuur, met tussentydse maatreëls wat verligting sal bied: