Vervalle infrastruktuur vererger impak van natuurrampe in Afrika
Die Wêreldbank sê die klimaatsverandering-stryd vereis ‘n fokus op strukture wat reeds lank verwaarloos is en vererger weens die uitwerking van natuurrampe in Afrika en ander ontwikkelende dele. Die bank se bedryfs-direkteur, Anna Bjerde, sê sommige van hierdie struktuur-uitdagings is die gevolg van jare se omgewingsagteruitgang. Bjerde versoek verdere hulp om hierdie uitdagings te bekamp en klimaatsbestande ekonomieë te bou deur infrastruktuur te verbeter. Die Verenigde Nasies het ook gewaarsku die uiterste weerstoestande bedreig Afrikane se voedsel, water en maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling.