Vervalle Build Together-huise op Walvis uit munisipaliteit se hande uit

‘n Luisteraar het gebel met ‘n klagte oor haar huis op Walvisbaai wat uitmekaar val. Sy het foto’s verskaf wat reuse krake en gebarste mure wys. Sy sê sy het die eiendom in 2016 deur die Build Together-projek by die Walvisbaaise munisipaliteit gekoop en sy is nie die enigste een wat die uitdagings beleef nie. Sy was by die munisipaliteit wat haar herwaarts en derwaarts na verskillende ministeries gestuur het. Sy het later besluit om die burgemeester van die dorp, Trevino Forbes, te nooi om haar huis te sien, maar hy het ná twee jaar niks gedoen om haar te help nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Forbes gepraat wat sê dat die vervalle huis vir hom tot groot kommer is, maar dit is in die hande van die ministerie van werke en vervoer.