Vervaardigingsbedryf het aansporings nodig, nie net beleid

Die verstryking volgende jaar van uitvoeraansporings vir vervaardigingsmaatskappye hou ‘n wesenlike bedreiging in vir Namibië se mededingendheid, volgens Nangula Uaandja, die uitvoerende hoof van die Namibië Beleggingspromosie en -bevorderingsraad. Uaandja het in ‘n onderhoud gesê as geen vervangingsraamwerk in plek is nie, Namibië sal agter raak by buurlande soos Botswana in die lok van vervaardigingsbeleggings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, wat sê beleid help niks as maatskappye afgeskrik word deur onder meer heffings nie.