Vervaardiging vertoon uiters power

In reële terme het die aktiwiteite in die binnelandse ekonomie gegroei tot 3,5 persent gedurende die tweede kwartaal van 2024, in vergelyking met 3,6 persent aangeteken in die tweede kwartaal van 2023. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die BBP-syfers bekend gemaak en sê die BBP staan op 59,5 miljard Namibiese dollar. Die stadige groei van 3,5 persent word hoofsaaklik toegeskryf aan die sekondêre nywerhede wat stadige groei van 1,5 persent in reële toegevoegde waarde aangeteken, relatief tot 7,1 persent wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2023 geregistreer is. Die prestasie spruit voort van sektore van ‘Elektrisiteit en water’ en Vervaardiging, wat 4,1 persent en 0,6 persent in reële toegevoegde waarde aangeteken het, vergeleke met ‘n toename van 35,1 persent en 3 persent wat in dieselfde kwartaal van 2023 gesien is.